Thursday, 13 December 2012

Hof toe, want die einde is naby

We will qoute this story verbatim, it is just too weird.
 
Hoofregter Mogoeng Mogoeng het gister ’n “uiters dringende aansoek” ontvang vir ’n bevel deur die konstitusionele hof om ’n “ondersoekende taakspan” aan te stel na die bewering dat die wêreld op 21 Desember gaan vergaan.

Daar is ook “’n dringende behoefte” dat ’n nuwe staatsdepartement gevestig word om voorbereidings vir volgende Vrydag te tref.

Dit kan die departement van die “paranormale en esoteriese wetenskappe” genoem word, voer Robert Sefatsa (38) van Soweto aan in sy stukke, wat by Mogoeng ingedien is.

Hy sê volgens die Maja-kalender val die oordeelsdag op 21 Desember en dit vereis dat Suid-Afrika en alle lande ter wêreld op ’n gereedheidsgrondslag geplaas word.

Hy meen ’n kommissie van ondersoek na die Maja-kalender moet uit onder andere geoloë, statistici, astronome, ekonome en buite-ruimtelike tegnoloë bestaan. Dit moet binne 120 uur aangestel word om die regering oor die Maja-kalender in te lig.

Voorts moet ’n taakspan in gereedheid gebring word om aspekte soos lug- en seelogistiek, ontruiming en hervestiging te kan koördineer as die wêreld inderdaad op 21 Desember vergaan. Sefatsa vra ook dat alle staats- en private instellings gedwing word om betyds “evaluasies” te doen in geval van “’n kosmiese oorgang”.

Mogoeng oorweeg die aansoek.
 
Not a scam or a joke..click the link.
Hof toe, want die einde is naby